
=====================================================================
'n Reis van selfontdekking (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'n Reis van selfontdekking

E.K.M. Dido   gee indrukke van haar kennismaking met Nederland en Vlaandere.

MY voete is uiteindelik op Hollandse grond -- 29 November 1997! Die Nederlandse Taalunie het 'n groepie Afrikaanse skrywers genooi om 'n 
literre toer deur Nederland en Vlaandere te maak, en ek is een van die gelukkiges.

Dit is my eerste reis buite Suider-Afrika.

Ellen Fernhout en   Eep Francken verwelkom ons op Schiphol.   Eers verstaan ek nie 'n dooie woord wat hulle s nie, maar later praat hulle 
stadiger en gaan dit beter.

Ons is met 'n sneltrein Leiden toe. Ek sit op die boonste dek. Ek mt, want 'n trein met twee vlakke het ek nog net op televisie gesien. 
Toe die trein by 'n tonnel uitkom, sien ek water. Baie water. Dis kanale der kanale water tussen plase en landerye deur. En die wreld is 
regtig so plat soos ek gehoor het.

Toe ons by die Hotel De Doelen aankom, het ek al verskeie dode gesterf: op Leiden se stasie waar ek die honderde fietse gesien het waarmee 
di land se mense so graag ry; op pad na die hotel toe ons taxi aan die verkeerde kant van die pad ry -- eers n die skok het ek onthou 
baie lande in die Noordelike Halfrond ry regs; die netheid -- g'n papier of ding l rond nie; en die heel lekkerste doodskoot: die besef 
dat ek in 'n hotel bly wat in 1650 gebou is -- twee jaar vr Jan van Riebeeck by Kaap de Goede Hoop voet aan wal gesit het!

Ek is met die eerste oogopslag verlief op Leiden. Ek hou van die mense, al kan ek nie juis uitmaak wat hulle s nie. Die aand gaan eet ons 
by 'n Indonesiese restaurant. Ek is deel van die groep. Niemand kyk skuins na my nie. Ons stap laat terug hotel toe. Iets wat ek nie by die 
huis sal waag nie, maar ek voel geen vrees nie.

Peter van Zonneveld   neem ons op 'n literre wandeling en ek verstaan elke woord, want hy praat stadig. Ek is stom en klein voor al die 
eeue oue geboue.

By 'n sosiale geleentheid is ek in die stampvol lokaal die enigste bruin vrou tussen wit mense. Almal is vriendelik en niemand blyk bewus 
te wees van my velkleur nie. Nie een keer vang ek 'n bedekte skimp op soos dit soms nog tuis gebeur nie. En hoe meer ek ontspan, hoe beter 
verstaan ek die taal.

Maar net daar kry ek nog 'n skok: die deftig uitgevatte vroue rook zolle in plaas van gekoopte sigarette! Kyk, ek is gewoond aan mans wat 
zolle rol (nie van twak nie), maar dit is die eerste keer dat ek ordentlike vrouens sien skyf rook.

Op pad van 'n museumbesoek saam met Wilma Stockenstrm sien ek iets   wat my in my vier spore laat vassteek. Eers dag ek iemand verhuis en 
het al sy besittings op die sypaadjie vir vervoer gelos. Maar al wat mens is, soek daardeur en loop weg met iets. Ek dag dis diefstal tot 
Wilma verduidelik dat dit gebruik is om uitgooigoed so buite te sit vir ander om te neem.

In Utrecht bly ons in die mooi, moderne Hotel Smits. Op my eie besigtig ek die Domkerk en staan klein voor my Skepper by die Domtoren.

In Nijmegen, waar ons aan die Katholieke Universiteit voorlesings moet gee   en aan besprekings deelneem, word ek in die middedorp 
aangegryp deur 'n tamaai standbeeld van 'n knielende engel met 'n ontslapene in haar arms. Dis ter nagedagtenis van slagoffers van die 
Tweede Wreldoorlog opgerig. My hart bloei. Die verdomde oorlo!

Terug by die Universiteit van Utrecht moet ons die vertaling   van die werk wat ons voorgelees het, nagaan. Ek wonder watter bydrae k kan 
lewer. Toe die vertaling van my gedeelte voorgelees word terwyl ek met die Afrikaans en Nederlands voor my sit, kan ek tog die geskrewe 
Nederlands verstaan en praat ek saam toe daar gepaste Nederlandse woorde gesoek word.

In Utrecht se Nationaal Museum van Speelklok tot Pierement   (draaiorrel), tussen die horlosies en musiekinstrumente van die sewentiende 
tot die twintigste eeu, oorval intensie emosie my. Hoe durf ons s dat ons meer gevorderd is as die mense van eeue gelede? O, tegnologies 
mag ons spronge voor hulle wees, maar ons verwoes wat so lank behoue gebly en ons toekoms verseker het.

Die res van die dag sluit ek my in my kamer op en herkou aan wat ek gesien het. My hele wese is n groot gevoel: dat ek my in hierdie land 
kom vind het. Dat ek kop in die lug kan loop oor wie en wat ek is. Almal, die groeplede ingesluit, het my deur hulle openhartigheid en 
innemendheid laat besef dat ek vir niemand hoef terug te staan nie. Dat daar mense is wat verby velkleur kyk en vir my sien. Nes toe ek nog 
'n kind was. En hulle het die gier vir studeer weer in my wakker gemaak.

Op pad na Vlaandere vaar ons by Vlissingen per veerboot met bus en al oor die see. Die Vlaamse mense verwelkom ons in Damme soos verlore 
kinders wat die pad terug gevind het. En ek het gedag die Nederlanders is vriendelik!

Brugge se katedrale, standbeelde en versierde koetse wat deur perde deur die strate getrek word, laat my na my asem snak. In Gent staan ek 
in die Sint Baafs-Katedraal stom voor "Die Aanbidding van die Lam", die skildery op drie luike van Jan van Eyck. Ek steek 'n kers op uit 
dankbaarheid dat ek al die   wondere kan sien.

N die universiteitstad Leuven is ons in Brussel om daar ook voorlesings te gee. Ek is heel op my gemak in die saal vol Vlaminge. Hulle 
aanvaar my soos ek is en ek verstaan hulle baie beter as die Nederlanders.

Antwerpen se mense vind ek meer spontaan en warm. Toe ek oor die Schelderivier kyk, omdraai en my o op die Onze-Lieve-Vrouw-Katedraal rig, 
vloei my trane. Ons gids plaas sy arms om my. Hy weet hoe ek voel.

Amsterdam bring verdere voorlesings en besprekings, maar ook die kans om die wonder van Rembrandt se skildery "Die Nagwag" te kan beleef. 
En natuurlik was ek na die Walletjies toe, waarvan ek alte veel gehoor het. Nog nooit het ek op dese aarde prostitute so amper kaal gesien 
nie. En dit in vensters waar die hele wreld hulle kan sien. Ek kan in die grond sak toe die mans my kommentaar wil hoor. Ek hou my kake 
met mening toe.

Aan die einde van die besoek op pad lughawe toe bloei my hart. Ek wou nog so baie sien. Ek gaan na die mense verlang. Hulle het my so baie 
geleer. Van menswees. E.K.M. Dido   is die skryfster van Die storie van Monica Peters en   Rugdraai en stilbly.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5217.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer 
uit onverwagte oord (AV 5:2) /// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre 
Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// 
Afrikaans: 'n nuttige stuk gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke 
(AV 5:2) /// 'n Woordlint van land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n 
Gelukkige huis lok vele vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 
'n Reis van selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante 
seun, Meyer (AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) 
///

